Pluto se natuurlike satelliete

Die relatiewe grootte van die Pluto-stelsel.

Pluto het vyf bekende natuurlike satelliete. Die grootste, Charon, is die grootste satelliet sover bekend in verhouding tot ’n voorwerp met planetêre massa waarom dit wentel. Pluto en Charon het ook permanent dieselfde kante na mekaar gedraai. Die ander mane, Nix, Hidra, Kerberos[1] en Styx is baie kleiner.[2] Laasgenoemde is die jongste Pluto-maan wat ontdek is, soos aangekondig op 11 Julie 2012.[3][4]

  1. "Fourth Moon Adds to Pluto's Appeal". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015. Besoek op 20 Julie 2011.
  2. Schilling, Govert (20 Junie 2006). "Pluto's Twins Get Their Names" (in Engels). ScienceNOW Daily News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2008. Besoek op 21 Junie 2006.
  3. IAUC 9253
  4. Wall, Mike (11 Julie 2012). "Pluto Has a Fifth Moon, Hubble Telescope Reveals". Space.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 11 Julie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy